Publikasie: Pandjieswinkelgoed

Goeie nuus! My kortverhaal, “Pandjieswinkelgoed”, gaan in die 22 Junie-uitgawe van Vrouekeur verskyn!

Daar is steeds so ‘n klein bietjie sprake van fantasie in dié verhaal, maar andersins breek dit weg van my gewone uit-en-uit fantasie of wetenskapsfiksie en is eerder ‘n “gewone” verhaal.

Die enigste probleem? Ek het nou al klaar weer gedagtes oor hoe om dié storie uit te brei na ‘n hele kortverhaalbundel. Wel, dit klink nie na ‘n probleem nie, maar ek is op die oomblik besig met twee romans, die redigering van ‘n kortverhaal en die skryf van ‘n novella. Oeps. So hierdie bundel sal eers bietjie moet wag. Ek dink ek sal solank al die notas maak wat ek kan, maar dan sal ek eers aandag skenk aan al die ander griffels.

Môre se bloginskrywing:

Môre gaan ek ‘n deel van ‘n toneel uit my roman plaas, asook ‘n bietjie agtergrond vir die verhaal. Kom lees gerus die aanvangstoneel vir Porselein!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s