Vonkfiksie: Geboorteboom

Hulle verbrand jou geboorteboom saam met jou wanneer jy sterf. Julle as sal meng voordat die deur die ewig malende-kolkende-fluisterende-wenende wind versprei word. Ek dink nog altyd winter – daardie donker seisoen – is die perfekte tyd om te sterf. My seun is saam met die eerste bloeisels gebore. Ek hou die pasgebore baba vas by sy nuutgeplante geboorteboom langs sy ma se stomp. ’n Bitter wind waai as van die brandstapel die sonverligte lug in. Mens moenie in die lente sterf nie, dink ek.

*Vooheen gepubliseer as “They burn your birth-tree with you” deur Paragraph Planet.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s